As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se “Groot Herstel“-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om ‘n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing.
Continue reading…
SA Boere Volgende? Ierland val nou ook hul Boere aan, soos Nederland, Duitsland en Kanada!
Enjoyed this post? Share it!
Globalistiese Veldtog om Boere as “Die Vyand van die Staat” te Skilder, Tref Nederland en België
Nederland is steeds by vestek ‘n landbouland, wat ‘n kolossale resultaat lewer nieteenstaande sy oppervlakte, wat dit tweede plaas op die wêreldranglys vir uitvoere van landbou- en tuinbouprodukte. Die Nederlandse boere en tuinboukundiges vorm die historiese platform van ‘n welvarende Nederland, maar die globalistiese Rutte/Kaag-regering het egter, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se beleid, die plan geïmplementeer om ‘n aansienlike deel van hierdie boere en landboumaatskappye te likwideer of uit te koop.
Om hulle uit te koop is ‘n self-toegediende besering aangesien daardie bedrag van die burgers verhaal word deur allerhande belastings en heffings. Die verskoning wat gegee word vir die likwidasie van die landbou is na bewering om die stikstofinvloed te bekamp. Die tendens was egter reeds oor die laaste drie dekades baie effektief; gegewe die maatreëls wat reeds deur die sektor(e) self ingestel is. Boonop is die stikstofprobleem ‘n valse aanname; Dit is deels
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!
Wêreld Ekonomiese Forum se Agenda vir Wêreld Oorheersing is met “The Great Reset” nou ook die Hoofstroom se Agenda!
Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”. Mens kan wel vra waarvoor is hulle so bang as hulle glo die mensdom goed gesind is en al hul planne kamma vir ons onthalwe is? Agter die valse dekmantels van korona, die ekologiese en die Oekraïne-agendas, hoef hulle nie meer weg te kruip nie, want wêreld oorheersing, of te wel internasionale sosialisme, is mos OK deesdae?
Dit is maklik om te sien hoe die massamedia en openbare gesag dit ondersteun en selfs deelneem deur na hul blaai en webwerwe te kyk. Vir België word Alexander De Croo (Eerste Minister) en Petra De Sutter (Groen) aangedui. Vir Nederland, ‘n meer uitgebreide afvaardiging met koningin Maxima, Sigrid Kaag
Continue reading…
Enjoyed this post? Share it!